Die betowering van Kersfees verleen ’n spesiale glans aan die liefde, en vir die paartjie op die foto is dit duidelik ook so.
Hulle poseer teen ’n sprokiesagtergrond van liggies en ander Kersversierings. Hy hou haar styf vas in sy gespierde arms en kyk liefdevol af na haar; sy leun terug teen sy borskas en kyk bewonderend op na hom.
Maar iets omtrent sy groot, sterk liggaamsbou laat jou weer kyk . . . Jou wrintiewaar, dis mos ons eie Springbokbreker Eben Etzebeth!