Die tonge klap: Kim K se ogiesmakery vir Kanye het skindertonge op hol

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister
Kim Kardashian en Kanye West het agt maande gelede met ’n egskeidingsaak begin, maar enigiemand wat dié twee by die naweek se SNL-opname gesien het, sal verskoon word as hulle gedink het hulle is pasgetroudes.
Kanye West en Kim Kardashian West.
Kanye West en Kim Kardashian West. Foto: Gallo Images/Getty Images

Kim het haar vervreemde man in haar openingsmonoloog op Saturday Night Live lekker oor die kole gehaal, maar die twee het deur die hele opnname vir mekaar geglimlag en gewaai.

“Ek bedoel, ek het met die beste rapper van alle tye getrou,” sê Kim op die program.

“Net net dit nie, hy is die rykste swart man in Amerika, ’n talentvolle, werklike genie, wat vir my vier ongelooflike kinders gegee het . . . Toe ek van hom geskei het, moet jy dus weet dit kom op een ding neer: sy persoonlikheid.”

Kim het in Februarie gevra om ná ’n huwelik van ses jaar van die boorling van Chicago te skei, maar die proses verloop so sonder haakplekke dat baie mense bevraagteken of hulle nog wil uitmekaar gaan.

Op die program kry Kim ook ’n stekie in na Kanye se strewe om president te word nadat sy verwys het na haar ma se eks, Caitlyn Jenner, se mislukte poging om die goewerneur van Kalifornië te word.

“Nou, ek weet ons is verdeeld as ’n land, maar ek sou graag wou hê Amerika moet  byeenkom, en dit is hoekom ek hier is om aan te kondig ek stel my verkiesbaar as . . . Ek spot net, ouens, ek stel my nie as president verkiesbaar nie. Ons kan nie drie mislukte politici in een familie hê nie,” skerts sy.

Die gehoor wat die SNL-opname bygewoon het, sê die egpaar het vir mekaar gewaai en ogies gemaak. 

Aanhangers wys daarop die twee lyk nou meer op dieselfde golflengte as voor Kim ’n egskeiding gevra het. Hulle verwys ook na die twee se kamma-troue by die Donda-luisterpartytjie in Augustus.

Daar het Kim in ’n trourok met ’n sluier verskyn en Kanye vir haar gerap: “But you came here to show that you’re still in love with me.” 

By die Met Gala verlede maand was Kim se anonieme metgesel van kop tot tone in swart geklee, maar selfs met sy gesig bedek het hy baie soos Ye gelyk. Dit was egter nie hy nie. 

Die twee is vroeër vandeesmaand een aand gewaar waar hullle saam met vriende uiteet, en ’n bron na aan hulle sê hulle werk daaraan om hul verhouding te herbou.

Bronne: pagesix.com, buzzfeednews.com, elle.com, cosmopolitan.com.uk, capitalxtra.com, youtube.com

Jongste uitgawe

28 Oktober 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees