In dié aksiefliek wat tans op Netflix te sien is, vertolk Frank die hoofrol van die korrupte polisieman John Smit.
“Ek het dit regtig geniet om dit te speel. Dis verlede jaar op Graaff-Reinet geskiet, en ek is ’n boorling van die Oos-Kaap. Dit was opwindend om ’n Oos-Kaapse polisieman te speel, en ek kon ’n bietjie Xhosa praat in die fliek,” sê Frank.
“Almal wat dit sien, sê hulle het nog nooit so ’n fliek gesien nie. Dis een van daai wat jy ’n paar keer kan kyk en net besef hier is ’n stukkie lewe, menslikheid en Suid-Afrika.”
Frank het in September weer teruggekeer na Hillside om amok te maak. Hy was net 27 jaar oud toe hy destyds die rol van Tiaan Terreblanche in die sepie begin vertolk het.