Dit gons oor Woody Harrelson se ‘baba-kloon’ – kyk net dié bekendes se dubbelganger-babas

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Almal het blykbaar ’n ewebeeld iewers in die wêreld, en dié babas laat die internet gons omdat hulle soos ’n paar bekendes lyk.

1. Woody Harrelson

Eerste plek gaan aan Woody Harrelson wat onlangs uitgevind het dié skattige babadogtertjie is sy ewebeeld. Toe Dani Grier Mulvenna van Ierland ’n foto van haar nege maande oue dogter, Cora, langs ’n foto van die akteur gedeel het, het dit soos ’n veldbrand versprei. Mense was verstom met die twee se eenderse blou oë en glimlag.

Selfs die Emmy-bekroonde akteur het die ooreenkoms raakgesien. Woody (61) het op Dani se twiet gereageer met ’n oulike gedig, “Ode to Cora”, wat hy vir die kleinding geskryf het: “You’re an adorable child. Flattered to be compared. You have a wonderful smile. I just wish I had your hair.”

2. Ben Chew

Die akteur Johnny Depp se prokureur het sy eie klein dubbelganger met dié baba wie se wenkbroue nes syne lyk. Die kind se ma het haar baba op TikTok met die 61-jarige prokureur vergelyk. “Nou kan ek dit nie miskyk nie,” het sy by die foto’s geskryf. 

3. Ed Sheeran

Met sy rooikop en ernstige gesigsuitdrukking lyk dié baba kompleet soos die Britse sanger Ed Sheeran (31). Die pasgebore kleinding is deur ’n fotograaf afgeneem wat die foto op sosiale media gedeel het.

“Ek sweer ek het @EdSheeran se pasgebore dubbelganger ontmoet,” het sy geskryf. 

Die oulike kleinding lyk nes Ed Sheeran.
Dié oulike kleinding lyk nes Ed Sheeran. Foto's: Gallo Images/Getty Images en Tiktok/@thebabywhisperer.

4. Rihanna

Daar is ’n Rihanna-dubbelganger in Suid-Afrika. Mense kan nie die sterk ooreenkomste tussen die kleinding en die superster glo nie. 

“Rihanna weet nie eens sy het ’n dogter in Suid-Afrika nie,” het iemand op sosiale media geskryf. Een ding is seker: Die kleinding het ewe veel styl as haar volwasse ewebeeld. 

Die stylvolle kleinding lyk uitgeknip Rihanna.
Dié stylvolle kleinding lyk uitgeknip Rihanna. Foto's: Gallo Images/Getty Images en Twitter/@Lerato_mol

5. John Legend

Die ooreenkoms tussen baba Caden en die Grammy-bekroonde sanger (43) agter treffers soos “All of You” is treffend. “Ek onthou die dae toe mense gedink het my baba lyk soos @johnlegend,” het Caden se ma by die foto geskryf. 

Bronne: People.com, Fox5ny.com, Briefly.com

  • Moenie enige groot nuus misloop nie! Vir boeiende nuus oor bekendes en aangrypende mensestories, teken in by ‘Huisgenoot’ se daaglikse nuusbrief, “Huisgenoot Vandag”. 
Teken in op ons nuusbriewe

Kry die dag se sterkste stories, die week se lekkerste resepte, die maandelikse nuus oor modes, boeke, skoolsake en hartsake. Teken nou in


Jongste uitgawe

2 Februarie 2023

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees