‘Dit is nie iets kleins nie’: Sharon Stone oor die pyn van nege miskrame

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
FB
FB

Die Basic Instinct-ster (64) het oor haar ervaring gepraat om nege kinders weens miskrame te verloor. Sharon, die ma van drie aangenome seuns, Roan (22), Laird (17) en Quinn (16), sê vroue word nie ’n platform gegee om die “diepte van die verlies” te bespreek nie. 

Die Golden Globe-wenner het op ’n Instagram-plasing gereageer oor die nuus dat Dancing with the Stars se Peta Murgatroyd (35) drie miskrame gehad het.

Die onlangsste daarvan was terwyl Peta se man, Maksim Chmerkovskiy, uit sy geboorteland, Oekraïne, na Amerika probeer terugkeer het. “’n Miskraam is nie iets kleins nie, liggaamlik of emosioneel, tog word ons laat voel dit is iets om alleen en in die geheim met die een of ander gevoel van mislukking te verduur – pleks daarvan om die baie nodige medelye en empatie en genesing te kry wat ons so nodig het,” skryf Sharon. “Vrouegesondheid en welstand wat aan die sorg van die manlike ideologie oorgelaat is, het ten beste laks, eintlik oningelig, en geweldig onderdrukkend geword.”

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

18 Augustus 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees
Huisgenoot Eisteddfod

Wys jou talent en kry meestersklasse by bekendes!

Huisgenoot Eisteddfod
Is jou kind talentvol en lief vir die kunste? Skryf nou in vir Huisgenoot se splinternuwe aanlyn nasionale kunsfees.
Skryf nou in