Die Donkerbos-ster Erica Wessels verklap dat sy, haar man, Willem, en hul driejarige dogtertjie, Stella, vandag ’n gesinslid ryker word ná sy Woensdagaand op Instagram ’n foto van hulle gedeel en geskryf het dis die laaste aand met nét die drie van hulle.
Vroeër het die 44-jarige vertel sy sien uit na die pajamadril wat nou voorlê, dít was immers haar gunstelingtyd toe klein Stella ná 26 maande se probeer gebore is.
“Ek sien uit na die babafase. Dit was met Stella ’n intieme en kwesbare tyd, al was slaap min. Maar dis kosbaar, en ek sien verskriklik uit daarna.”