Die model Kendall Jenner (26) en die basketbalspeler Devin Booker (25) het uitgemaak ná twee jaar saam. ’n Bron sê: “Kendall en Devin is onlangs deur ’n rowwe tyd en is al sowat ’n week en ’n half uitmekaar.”
Die bron sê al het die twee die uitstappie Italië toe vir Kourtney Kardashian en Travis Barker se troue geniet, het dinge weer slegter begin gaan toe hulle weer tuis was.
“Toe hulle by die huis kom, het hulle begin voel hulle is nie op dieselfde golflengte nie en besef hulle het baie uiteenlopende leefstyle,” sê die bron.