Die aktrise Anlia van Rensburg kon seker nie vir ’n beter verjaardaggeskenk gevra het as toe haar kêrel, die Springbokslot Eben Etzebeth, haar die jawoord gevra het nie.
“Ek wou nog nooit so graag die jawoord gehoor het nie,” het Eben op sy Instagramblad geskryf by ’n foto van die vrou van sy drome in sy arms.
Dit is net ’n paar maande nadat die twee die eerste keer foto’s van hulle saam op sosiale media gedeel het. Dit was toe Anlia oor die Kerstyd vir Eben in Frankryk gaan kuier het waar hy vir die Franse rugbyklub Toulon gespeel het.