book-icon Uitgawe 26 Mei 2022

'Egoli'-hartebreker Kevin Smith op 60: Dis hoekom ek deesdae nóg harder moet werk

akkreditasie
Die veteraanakteur Kevin Smith 
is nou weer te sien in die tweede 
seisoen van Showmax se eerste 
Afrikaanse romantiese komediereeks, Troukoors. Foto's: Lubabalo Lesolle
Die veteraanakteur Kevin Smith is nou weer te sien in die tweede seisoen van Showmax se eerste Afrikaanse romantiese komediereeks, Troukoors. Foto's: Lubabalo Lesolle

Wie sal Andrew Willemse ooit vergeet, Nenna se hartebrekerseun in die eerste paar seisoene van Egoli? Of Frank Xavier, die geharde nuusman wat sedert 2005 ’n dekade lank in Isidingo verskyn het? Of Adam Jantjies in Suidooster? Of Hamilton Wolf in Arendsvlei?

Kevin Smith het hom oor jare as een van die herkenbaarste gesigte op plaaslike TV gevestig. En dan is daar nog die laaste ruk rolle soos dié in die Showmax-reeks Skemerdans en die kortfliek Baber.

Maar toe ons in sy huis in Randburg saam met hom kuier, wil Kevin nie oor die prestasies van die afgelope vier dekades gesels nie. Hy is vuur en vlam oor sy jongste projek, die Afrikaanse romantiese komediereeks Troukoors op Showmax. 

Troukoors gaan oor die huweliksbeplanner Jessica (Ilse-Lee van Niekerk) wat heeldag ander mense help om hul liefde te vier, maar self sukkel om ’n pasmaat te vind. Die reeks gaan ook oor die liefde en die verskillende fasette daarvan.

Die jongste seisoen is in Oktober en November verlede jaar op die Bolandse dorpe Stellenbosch en Somerset-Wes en in die Strand verfilm.

Kevin se wortels lê in die Kaap, en al is hy deesdae ’n Johannesburger, pendel hy gereeld tussen die Goudstad en die Moederstad vir werk. “Dit voel vir my asof ek die meeste van die tyd op ’n lughawe sit of in ’n vliegtuig, besig om Kaap toe te vlieg en dan weer terug Johannesburg toe,” vertel hy laggend. 

Dit is soms uitputtend, maar vir Kevin, wat in Athlone grootgeword het, sal die Kaap altyd sy huis wees. “Die Kaap is pragtig en sy arms is altyd oop. Wanneer jy Tafelberg sien, dan weet jy jy is by die huis.” 

In die reeks vertolk hy die rol van Karel, wat nog altyd geweet het hy is gay, maar getrou het met ’n vrou omdat hy gedink het dit is die regte ding om te doen.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

7 Julie 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees