book-icon Uitgawe 26 Mei 2022

Eindelik die een? ’n Katelknaap vir Katie Holmes – en kyk net hoe koer sy!

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
fb
fb

Haar bekendste verhouding was pal in die nuus; haar jongste romanse so privaat, dit het skoon vervelig geraak. Wie kan vergeet toe Katie Holmes Tom Cruise so erg omgeboul het dat hy op Oprah Winfrey se bank op en af gespring het? En hoe dinge later tussen hulle lelik suur geraak het oor Tom se verbintenis aan die Church of Scientology?

Daarna was daar Katie se ses jaar lange verhouding met Jamie Foxx, waaroor dié twee so geheimsinnig was dat ’n mens die helfte van die tyd nie geweet het wat regtig tussen hulle aangaan nie. Maar nou, nadat Katie al hóé lank na ware liefde soek, is daar ’n nuwe vryer op die toneel.

Of dié romanse (soos met Tom) vir drama of (soos met Jamie) vir swye sal sorg, sal die tyd leer. Maar voorlopig lyk alles rooskleurig: Die twee kan hul hande nie van mekaar afhou nie.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

7 Julie 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees