Om in jou eerste huweliksjaar dag en nag saam vasgekeer te wees terwyl ’n lewensgevaarlike virus in die buitewêreld verwoesting saai, kan vir baie paartjies na iets uit ’n riller klink. Of “vreesaanjaend”, soos Tim Tebow dit stel.
Maar nie vir hom nie. “Hoe ironies is dit nie om te sê nie, maar dit was die mooiste jaar in my lewe – een wat ek saam met die mooiste mens in die heelal kon deurbring,” sê die aantreklike Amerikaanse bofbalspeler en motiveringspreker oor sy en Demi-Leigh Tebow se eerste jaar saam as getroudes.
“En sy is letterlik die mooiste in die heelal!” voeg hy skertsend by oor die Suid-Afrikaanse skoonheid wat in November 2017 as Mej. Heelal gekroon is.