Die 18-jarige met die geboortenaam Xavier Musk wil haar naam na Vivian Jenna Wilson laat verander.
Die tiener het die aansoek by die hoërhof in die distrik Los Angeles gedoen en gesê sy wil haar van haar pa distansieer en haar ma se van aanneem.
“Ek bly nie meer by my biologiese pa nie en wil op geen manier, vorm of gedaante aan hom verwant wees nie,” lui haar versoek. Vivian se ma is die Kanadese skrywer Justine Wilson (49).