“Ek wil nie hê mense wat iemand aan covid verloor het, moet dink my ervaring is erger as ander s'n omdat ek bekend is nie,” voeg hy vinnig by.
“Hopelik kan iemand bemoedig word deur die feit dat ek dit oorleef het. Dit gaan nou goed met ons," vertel die sanger met die doopnaam Jan Hoogendyk.
“Ons is aan die gang,” vertel hy oor die foon vanuit George in die Wes-Kaap, waar hy eers ’n tent op die dak van sy padstal, Elvis Brew, naby die George-lughawe moes regmaak en toe koffie vir kliënte aandra.