Die aktrise en haar man, Willem Boshoff, se eersteling is verlede week vir drie dae in ’n hospitaal in Kaapstad opgeneem.
Terwyl haar kleinding daar in die hospitaal moes aansterk, het haar moederhart gebreek, sê Erica oor Stella se stryd teen covid-19 én virale diarree weens die salmonella-bakterie.
“Dit was ’n stormagtige 12 dae,” sê die Fynskrif-aktrise Dinsdag telefonies aan Huisgenoot vanuit Nuweland, Kaapstad, waar sy woon. “Ek dink sowaar nie daar is enigiets erger as wanneer mens se kind siek is nie. Dit was net absoluut aaklig.”