Hulle is ’n droompaartjie – die Wêreldbeker-rugbyheld wat nie skroom om ’n prins in ’n swembroekie te ontmoet nie, en sy plat-op-die-aarde- Noord-Kaapse meisie.
Trouens, die Springbokskrumskakel Faf de Klerk en Miné van Niekerk pas op die oog af so goed by mekaar met hul eenderse blonde lokke en skitterwit glimlagte dat hulle gereeld moet hoor hulle lyk soos broer en suster.
Maar ’n langafstandverhouding in die tyd van die pandemie is geen grap nie, en ja, hulle het verlede jaar vir ’n ruk uitgemaak, erken Faf en Miné vandag.