Dit was dalk nie altyd maanskyn en rose nie, maar die Springbokheld Faf de Klerk en sy meisie, Miné van Niekerk, het hul liefde laat blom.
Dié twee staan nou immers op trou.
Faf het dié nuus gisteraand bekend gemaak nadat hy 'n foto van hom en Miné op sy Instagram-blad gedeel het. "Verloof!" het hy by die foto geskryf. "Geseënd met die beste. Lief vir jou my skat!" het hy geskryf by die foto waarop Miné met 'n verloofring pryk.