Die Springbokheld Faf de Klerk se meisie en nou verloofde, Miné van Niekerk, sê sy het nie vir ’n oomblik getwyfel toe hy op een knie gaan en haar vra om te trou nie.
“Die was instant happiness,” vertel Miné aan Huisgenoot. “Ek weet net dis reg. Die afgelope paar maande het ek opnuut besef ek wil nie weer sonder hom wees nie. Ek wil alles in my lewe met hom deel, want hy is my beste vriend en die liefde van my lewe.”
Faf het op 19 Mei op die geskiedkundige Tatton Park-landgoed op die dorpie Knutsford, Engeland, die jawoord gevra. Hy woon tans in die stad Manchester daar naby waar hy vir die rugbyklub Sale Shark uitdraf.