Fliekstel-tragedie: Geen aanklagte teen Alec Baldwin ná hy kinematograaf per ongeluk doodskiet

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die polisie het geen aanklagte teen die Amerikaanse akteur Alec Baldwin (68) gebring nadat hy per ongeluk ’n vrou op die stel van sy nuwe fliek, ‘Rust’, doodgeskiet het nie.

Alec het ’n vuurwapen – een van die rekwisiete – afgevuur en Halyna Hutchins (42), die rolprent se kinematograaf, doodgeskiet, en die regisseur, Joel Souza, (48) gewond. 

Juan Rios, ’n woordvoerder van die Santa Fe-polisiekantoor in Nieu-Mexiko, sê hulle ondersoek nog die voorval. 

“Geen aanklagte is in verband met die skietery gebring nie. Die speurders is besig om ooggetuies te ondervra,” sê Juan. 

Daar is geen aanklagte teen Alec Baldwin gebring nadat hy iemand per ongeluk op die stel van sy fliek ‘Rust’ doodgeskiet het nie.
Daar is geen aanklagte teen Alec Baldwin gebring nadat hy iemand per ongeluk op die stel van sy fliek ‘Rust’ doodgeskiet het nie. Foto: Getty Images/Gallo Images

Die polisie is omstreeks tweeuur die middag na die toneel uitgeroep nadat daar noodoproepe was van iemand wat op die stel geskiet is. 

Volgens Juan ondersoek die polisie ook watter soort vuurwapen afgevuur is en hoe dit afgevuur is. 

Halyna is per helikopter na die Universiteit van Nieu-Mexiko-hospitaal geneem, waar dokters haar dood verklaar het. Joel is per ambulans na die Christus St. Vincent- mediese sentrum geneem. Hy word daar vir sy beserings behandel.

’n Polisielid van die Santa Fe-polisiekantoor sê Alec het uit sy eie na die polisiekantoor gekom en het weer die gebou verlaat nadat hy met die polisie gepraat het. 

’n Woordvoerder vir Alec, wie se naam nie genoem is nie, sê die vuurwapen was veronderstel om leeg te wees. 

Die produksie van Rust, ’n western wat in die 1880’s afspeel, is vir eers gestop. 

Bronne: Reuters, BBC, CNN, Sky News

Jongste uitgawe

2 Desember 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees