Gaan hulle uit of nie? Trevor Noah en Minka Kelly hou ons aan die raai

akkreditasie
Vriendelike ekse of iets meer? Dit is die vraag.
Trevor Noah en Minka Kelly
Trevor Noah en Minka Kelly. Foto's: Gallo Images/Getty Images

Trevor Noah en Minka Kelly hou aanhangers aan die raai oor die aard van hul verhouding. 

Die Suid-Afrikaans gebore komediant en die Amerikaanse aktrise het in Mei uitgemaak nadat hulle byna ’n jaar lank uitgegaan het, maar hulle is sedertdien op verskeie geleenthede in mekaar se geselskap gesien.

Hul jongste uitstappie was oor die naweek toe hulle saam met Minka (41) se hond, Fred, in die sonnige laatsomer in New York gaan stap het. Die twee het opgewek gelyk en breed geglimlag terwyl hulle gesels het, en Trevor (37) het meestal Fred se leiband vasgehou. 

Die twee, wat bekend is daarvoor dat hulle uiters privaat is oor hul persoonlike lewe, het nie in die openbaar kommentaar gelewer oor uitmaak of onlangse kuiers nie, maar ’n bron na aan die Titans-aktrise hou vol hulle het steeds gevoelens vir mekaar. “Dit gaan goed tussen hulle. Hulle vat dit stadig,” sê die bron.

“Hulle hou baie van mekaar, maar moes ’n tree terugstaan en die pas verslap.” Maar ondanks die vonk tussen hulle, maak die bron dit duidelik hulle het nie herenig nie. Ten minste, nóg nie.

“Daar is niks amptelik tussen hulle nie. Hulle bring tyd saam deur. Sy het nie weer by hom ingetrek of enige groot verhoudingspronge geneem nie. Hulle geniet dit net om op afsprake te gaan en te kyk wat gebeur.”

Trevor en Minka het in Augustus 2020 die eerste keer gerugte van ’n romanse laat ontstaan. En al het hulle nooit hul verhouding in die openbaar bevestig nie, was dit glo ernstig. Maak nie saak wat die status tans is nie, hul band sal getoets word wanneer Trevor, die aanbieder van The Daily Show, vir sy Back to Abnormal World Tour die pad vat.

Die toer skop op 10 September af met ’n vertoning by die O2 Arena in Londen. 

Die Amerikaanse skof begin op 18 September by die Santa Barbara Bowl in Kalifornië en eindig op 10 Desember by die Chase Center in San Francisco.

Bronne: people.com, pagesix.com, eonline.com, dailymail.co.uk 
Jongste uitgawe

18 Augustus 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees
Huisgenoot Eisteddfod

Wys jou talent en kry meestersklasse by bekendes!

Huisgenoot Eisteddfod
Is jou kind talentvol en lief vir die kunste? Skryf nou in vir Huisgenoot se splinternuwe aanlyn nasionale kunsfees.
Skryf nou in