Die aktrise Ashley Judd (54) het dié week openhartig oor haar ma, die Grammy-bekroonde countrylegende Naomi Judd (76), se dood gepraat. Naomi het op 30 April haar eie lewe geneem.
Ashley het in die televisieprogram Good Morning America aan Diane Sawyer vertel haar ma het met haar geestesgesondheid gesukkel.
Ashley het ook bekendgemaak sy is die een wat op haar ma se liggaam afgekom het.