Deel

Gelukwensings stroom in vir swanger 'Vir die voëls'-ster

akkreditasie
Dit was omtrent ’n bedrywige jaar met ’n klomp groot veranderinge vir die aktrise Simoné Pretorius.

Simoné Pretorius
Simoné Pretorius en haar man, Andries, verwag hul eersteling. Foto: Instagram.
Te midde van die coronakrisis het die Vir die voëls-aktrise 30 geword, afskeid geneem van haar Binnelanders-familie en haarself as ’n suksesvolle sakevrou herontwerp.

Maar al hierdie dinge kan beslis nie kers vashou by die nuus wat Simoné Maandagaand gedeel het nie: Sy gaan ’n ma word.

“Woorde kan nie ons euforie beskryf nie,” het Simoné oor haar en haar man, Andries, se babanuus geskryf. 

Sy het ook seënwense vir “Baba Pretorius” geskryf, waarin sy die baba verseker dat hy of sy reeds onmeetbaar geliefd en gevierd is.

“Lewe begin in die moederskoot en God is die een wat lewe gee en ons is oorweldig met die volmaaktheid van Sy tydsberekening en hoe onverdiend ons is vir Sy genade,” skryf Simoné.
Die Instagram-plasing het al meer as 39 000 likes gekry, en gelukwensings het van alle oorde af ingestroom.

“My hart loop oor vir julle,” het die aktrise Donnalee Roberts, wat self vroeër vanjaar vir die eerste keer ma geword het, geskryf.

“Prys die Here! Ek is so opgewonde my hart bars,” het die voormalige Mej. Suid-Afrika Melinda Bam laat hoor.

Die sangeres Karlien van Jaarsveld het verklap dat sy voor al Simoné se volgelinge van die babanuus geweet het. Karlien het geskryf dat dit “net so moeilike geheim” vir haar as vir Simoné was om te hou.

“Super happy saam julle,” lui haar plasing.

Die aktrise Mila Guy, wat saam met Simoné in die kykNET-komediereeks Hotel te sien is, het in haar Instagram Stories haar opgewondenheid oor die nuus gewys.

“Julle gaan die beste ouers wees,” het Mila geskryf. “Tannie Mila sien baie uit,” sê sy. 

“Hoe het dit gebeur?” wou die grapjas en hul mede-Hotel-akteur Schalk Bezuidenhout weet.

View this post on Instagram

He loves me.

A post shared by Simone´ Pretorius (@simonenortmann) on

Ander bekendes soos die voormalige Mej. Heelal Demi-Leigh Tebow, die sangeres Janie Bay en Simoné se voormalige Binnelanders-medester Germandt Geldenhuys was saam met die aktrise en haar man, Andries, verheug oor die nuus.

Simoné en Andries het in Februarie 2019 net buite Bela-Bela in Limpopo getrou.

Die baba word in Mei 2021 verwag. Dit is duidelik dat dié twee toekomstige ouers nie kan wag vir hul eersteling se koms nie.

Kyk die voorprent van Vir die voëls hier, sommer vir die lekker.

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe

heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Jongste uitgawe

30 Maart 2023

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees