Gemanipuleerde foto's van Kate ontstig koninklike aanhangers

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die skokkende foto is genoeg om jou in jou spore te laat vassteek – die hertogin van Cambridge aangerand en met kneusplekke en snye oral aan haar gesig.

Gelukkig is dit nie werklik nie. Die foto met die byskrif “Sy het hom aangemeld . . . Maar niemand het haar geglo nie” is digitaal aangepas en deel van ’n treffende veldtog in Europa om gesinsgeweld teen vroue te beëindig. 

Die gedokterde foto van Kate Middleton is in busha
Die gedokterde foto van Kate Middleton is in bushaltes en op ander plekke oral in Europa aangebring. Foto: Newsflash/Magazinefeatures.co.za

Maar die skokkende foto het koninklike aanhangers ontstig, veral aangesien die paleis nie toestemming gegee het dat die foto van Kate, wat met Engeland se toekomstige koning, prins William, getroud is, gebruik mag word nie. 

Nog hoëprofielvroue wat in die veldtog verskyn, is die Amerikaanse visepresident Kamala Harris, koningin Letizia van Spanje, en die hoof van die Europese Kommissie, Ursula von der Leyen.

Die Italiaanse kunstenaar en aktivis Alexsandro Palombo het die foto’s geskep.

Die Amerikaanse visepresident, Kamala Harris, is n
Die Amerikaanse visepresident, Kamala Harris, is nog ’n hoëprofielvrou wat in die veldtog verskyn. Foto: Newsflash/Magazinefeatures.co.za

Hy sê sy doelwit is nie om te kenne te gee enige van die vroue is slagoffers van gesinsgeweld nie, maar om ’n gesprek te skep oor hoe die samelewing die kwessie aanpak. 

“Hoekom sou ’n vrou die geweld aanmeld as sy ná die aanmelding nie deur die instellings beskerm word nie en op die ou end in elk geval vermoor word? Hoe kan ’n vroueslagoffer van mishandeling en geweld steeds in dié instellings vertroue hê?” verduidelik hy in ’n Instagram-plasing.  

“Ek sien net die politici nooi vroue om klagtes te lê, maar sonder om die verantwoordelikheid te neem om vir die slagoffers beskerming en steun te bied. ’n Staat wat vroue nie beskerm nie maar hulle in die hande van hul mishandelaar alleen los, word ’n stille medepligtige.”

’n Vals foto van ’n gekneusde koningin Letizia van
’n Vals foto van ’n gekneusde koningin Letizia van Spanje verskyn ook in die veldtog. Foto: Newsflash/Magazinefeatures.co.za

Maar baie mense in die sosiale media het gedink hy het te ver gegaan, en een skryf:

“Jy is nie snaaks nie. Moenie foto’s gebruik van vroue wat nie vir jou hul toestemming gegee het nie.”

Bronne: nzherald.co.nz, dailymail.co.uk

Teken in op ons nuusbriewe

Kry die dag se sterkste stories, die week se lekkerste resepte, die maandelikse nuus oor modes, boeke, skoolsake en hartsake. Teken nou in!

Jongste uitgawe

20 Januarie 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees