book-icon Uitgawe 21 Oktober 2021

Genees ná ek praat: Aktrise Kim Syster maak hart oop oor miskraam

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Genees ná ek praat: Kim Syster maak hart oop oor miskraam. Foto: ER Lombard/Facebook (Kim Syster)/Zaheer Banderker
Genees ná ek praat: Kim Syster maak hart oop oor miskraam. Foto: ER Lombard/Facebook (Kim Syster)/Zaheer Banderker

Maar vir die aktrise Kim Syster en haar man, Chris Lategan, word dié tyding in 2019 toe eintlik die begin van ’n hartseer pad, nie die vreugdevolle reis na moederskap waarop sy gehoop het nie. Kim (33), toe nog te sien as dr. Jax Davids in die hospitaaldramareeks Binnelanders, het van die begin af ’n moeilike swangerskap beleef en moes op 12 weke ’n operasie ondergaan waarna sy tuis moes herstel.

Sy het reeds bedank by Binnelanders, waarvoor sy in Johannesburg gewoon het, want sy wou die baba by Chris, met wie sy in 2014 getrou het, en haar familie in Kaapstad grootmaak. Ná die operasie het Chris (34) en haar ma, Yvonne, beurte gemaak om ’n week op ’n slag by haar in Johannesburg te wees. 

En dís toe die silwer randjie van ’n baie donker wolk. Dat haar ma aan haar sy kon wees toe die ondenkbare gebeur en sy op 18 weke vroeg in kraam gaan en die baba verloor. 

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

3 Februarie 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees