Gewese TV-liefling praat oor die lewe ná Pasella

akkreditasie
Foto: Instagram
Foto: Instagram

Klein Mijean het ses maande terug begin uitvra en droom oor haar sewende verjaardagpartytjie, vertel die pa van twee. "Ons kon na Kersfees nie meer huishou met haar nie, sy het amper elke dag gevra hoeveel daggies nog voor haar partytjie," vertel hy aan Huisgenoot.

Toe die groot dag onlangs uiteindelik aanbreek het Mijean ’n "roomys-swem-partytjietema" gehad, vertel Dieter (40) oor sy eersteling, Mijean, wat kort na haar geboorte saam met haar pa op Huisgenoot se voorblad gepryk het. 

Sy het self op Pinterest idees gesoek en voorgestel vir die partytjiebeplanner, sê Dieter, wat in Durbanville in Kaapstad woon met sy vrou, Martelize, ’n voormalige Idols-finalis, en hul spruite, Mijean en Daniel (2).

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

20 Januarie 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees