Die Kanadese sangeres Céline Dion moes hierdie week die res van haar Noord-Amerikaanse toer weens gesondheidsprobleme kanselleer.
Céline het in ’n verklaring op Instagram gesê sy ervaar “erge” en “aanhoudende spierspasmas” wat maak dat sy nie kan optree nie.
Daarom moes sy 16 opkomende optredes kanselleer. Die besluit kom nadat sy ook ’n ander toer in Oktober verlede jaar moes afstel – ook weens haar gesondheid.