Groot opwinding oor Kourtney Kardashian se verlowing aan Blink-182-kêrel

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die werklikheidstelevisiester Kourtney Kardashian is amptelik verloof.

Die oudste van die Kardashian-Jenner-sibbes het Sondag op Instagram verklap dat haar rockster-kêrel, Travis Barker, haar gevra het om te trou. 

“Vir ewig, @travisbarker,” het Kourtney op Instagram geskryf by ’n foto van haar en Travis op die strand, omring deur hope blomme en kerse. 

Kourtney (42) en Travis (45) het in Januarie vanjaar hul verhouding bevestig.

Dit sal die eerste huwelik vir Kourtney wees, wat drie kinders, Mason, Penelope en Reign, het by haar ekskêrel, Scott Disick (38). 

Scott het vroeër vanjaar tydens die Keeping up with the Kardashians-reünie-episode laat hoor dat hy Kourtney net geluk toewens.

“Ek dink as jy regtig lief is vir iemand, wil jy hê hulle moet gelukkig wees, maak nie saak wat gebeur nie. So ek gee haar my seën om gelukkig te wees,” het Scott toe laat hoor. 

Travis, wat die hoofsanger van die rockgroep Blink-182 is, was van 2001 tot 2002 met Melissa Kennedy getroud, en van 2004 tot 2008 met die voormalige Mej. VSA, Shanna Moakler. Hy en Shanna het ’n seun, Landon (17) en dogter, Alabama (15). Hy het ook Shanna se dogter uit haar verhouding met die bokser Oscar de la Hoya, Atiana, help groot maak. 

Die twee liefdesduifies se gesinne was van die eerstes wat hulle met die nuus gelukgewens het. 

“Lief vir julle,” het Alabama in die kommentaarafdeling van Kourtney se inskrywing laat hoor. 

Kourtney se sus Kim Kardashian West het in ’n twiet ’n video gedeel van die verloofdes en daarby geskryf “Kravis vir altyd”. 

Bronne het aan E! verklap dat Kourtney se ma, Kris Jenner, en haar kêrel, Corey Gamble, sowel as haar susters Kim, Khloe, Kendall en Kylie, ná die tyd by die paartjie aangesluit het vir ’n verlowingspartytjie. Atiana, Landon en Alabama het ook by hul aanstaande skoonfamilie aangesluit vir die vieringe. 

Die gelukwensings het van Kourtney en Travis se bekende vriende ingestroom. 

“Ahhh, geluk,” het die model Winnie Harlow geskryf. 

“Ek skree,” het die aktrise en TikTok-ster Addison Rae, wat goeie vriende is met Kourtney, laat hoor. 

Teken in op ons nuusbriewe

Kry die dag se sterkste stories, die week se lekkerste resepte, die maandelikse nuus oor modes, boeke, skoolsake en hartsake. Teken nou in!

Jongste uitgawe

2 Desember 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees