book-icon Uitgawe 7 Julie 2022

Harry Styles: Grensverskuiwende sanger laat die tonge weer klap

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Harry in ’n pienk Gucci-jas by Coachella.
Foto: Gallo Images/Getty Images
Harry in ’n pienk Gucci-jas by Coachella. Foto: Gallo Images/Getty Images

Nie te lank gelede nie staan ’n 16-jarige seun op ’n verhoog voor ’n spul kameras en luister hoe mense vir hom sê hy sal nie veel bereik nie. Hy het nie die “vertroue” of “ervaring” om as ’n solokunstenaar sukses te behaal nie. Ja, hy is oulik, en ja, hy kan sing, maar dié outjie moenie te hoopvol wees nie – hy het nie daardie iéts wat nodig is nie.

Dít was in 2010 op die Britse program The X Factor – en die outjie was Harry Styles. Sedertdien moes die beoordelaars wat al daai dinge oor hom gesê het al behoorlik hul woorde sluk. Want Harry is vandag een van die wêreld se gewildste popsterre – geliefd onder tieners, hul ouers en almal tussenin.

As dit by sterstatus kom, is hy nou selfs groter nuus as One Direction, die groep waarin hy voorheen was. Vandag moet die mense wat getwyfel het of dié seun met die mooi gesig alleen die mas sou kon opkom maar eerder stilbly. Harry Styles het die wêreld aan sy voete – en dís die redes daarvoor.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

11 Augustus 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees
Huisgenoot Eisteddfod

Wys jou talent en kry meestersklasse by bekendes!

Huisgenoot Eisteddfod
Is jou kind talentvol en lief vir die kunste? Skryf nou in vir Huisgenoot se splinternuwe aanlyn nasionale kunsfees.
Skryf nou in