book-icon Uitgawe 11 Augustus 2022

HG besoek Real Housewives-ster Camilla McDowell se spoghuis in Constantia

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Camilla McDowell, oftewel die Queen of Constantia, het kykers van The Real Housewives of Cape Town se harte gesteel. Foto: ER Lombard.
Camilla McDowell, oftewel die Queen of Constantia, het kykers van The Real Housewives of Cape Town se harte gesteel. Foto: ER Lombard.

Haar huis staan op ’n erf so groot soos ses sokkervelde in een van Kaapstad se spoggerigste woonbuurte, en met haar antieke meubels kan jy omtrent ’n koning se losprys be­­taal. Geen wonder sy noem haarself die “Queen of Constantia” nie . . . 

Maar hier in haar paleis kyk jy verniet rond vir hofknape en goewernantes wat ’n mens van kop tot tone bedien. Dis die koningin self, in haar nou­passende swart pakkie, goue hakskoene en bykomstighede wat ’n juwelier sal laat swymel, wat gedurig lekkernye en drinkgoed aandra.

“Ek het ’n sjokoladekoek gebak,” laat val sy skalks voor sy weer kombuis toe verdwyn. Welkom in die leefwêreld van Camilla McDowell, die sosiale diva van The Real Housewives of Cape Town-faam.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

6 Oktober 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees
Huisgenoot Eisteddfod

Wys jou talent en kry meestersklasse by bekendes!

Huisgenoot Eisteddfod
Is jou kind talentvol en lief vir die kunste? Skryf nou in vir Huisgenoot se splinternuwe aanlyn nasionale kunsfees.
Skryf nou in