In haar sexy uitrusting, wat nóg rooier as die vuurwa is, verstel sy aan haar Gucci-donkerbril en kruis haar bene terwyl die sluiter van die kamera soos ’n masjiengeweer knetter.
Jy mag dalk dink jy is iewers in Beverly Hills, maar eintlik is jy in die oprit van Melany (Mel) Viljoen (36) van Die Real Housewives van Pretoria-faam in die ooste van Pretoria.
Sy is een van die ses vroue wat tans te sien is in ’n nuwe kykNET-reeks waarin kykers ’n blik op hul weelderige leefstyl kan kry.