book-icon Uitgawe 30 Maart 2023
Deel

HG in die Vrystaat by BSV se boer Philru: Ek soek ’n vrou om ewig lief te hê

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Philru Wepener, ’n beesboer van Petrus Steyn, is een van hierdie seisoen se deelnemers aan Boer soek ’n vrou. Foto: Lubabalo Lesolle.
Philru Wepener, ’n beesboer van Petrus Steyn, is een van hierdie seisoen se deelnemers aan Boer soek ’n vrou. Foto: Lubabalo Lesolle.

Hy is op sy gelukkigste wanneer die stilte van die plaas en die omringende Vrystaatse vlaktes hom omvou. Maar soms is dit net ’n bietjie té stil. Dis dié dat Philru Wepener (26) sy hart en die groot ou plaasopstal hier op Weltevreden oopgegooi het vir die ewe hoopvolle liefdeskandidate van Boer soek ’n vrou.

Want al wat die jong beesboer wil hê, is iemand om voor lief te wees. Iemand wat hom aanvaar nes hy is en saam met wie hy sy lewe hier op die plaas kan geniet. Hy glimlag wanneer hy praat oor die maatsoekery voor die kameras en die drie vroue wat hy plaas toe genooi het. “Dit is beslis baie opwindend.

Jy kan seker sê ek het al voorheen daaraan gedink om die program te doen, maar dis eers toe my vriend en sy vrou my inskryf dat ek dit ernstig opgeneem het,” erken hy. Maar vra ’n mens hom of hy al vaagweg trouklokke hoor lui nadat hy reeds een van die vroue moes afstem, is hy so swygsaam soos die grasvelde van die Petrus Steyn-distrik.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Jongste uitgawe

15 Junie 2023

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees