book-icon Uitgawe 6 Oktober 2022

HG kuier by Melt Sieberhagen en sy verloofde: Sy’s die rede waarom ek so goed lyk

akkreditasie
Melt en Kevin die kat, wat nie meer op die balkon mag kom nie nadat hy gegly en vier verdiepings geval het. Foto: Corrie Hansen
Melt en Kevin die kat, wat nie meer op die balkon mag kom nie nadat hy gegly en vier verdiepings geval het. Foto: Corrie Hansen

Moenie verbaas wees as Melt Sieberhagen tuis lyk in die vel van sy karakter in die kykNET-reeks Fraksie nie. Henk, “die IT-spesialis met ’n moeilike verlede”, kom immers onder andere uit sý pen. As skrywer, grapjas en somtyds akteur is veelsydigheid deel van Melt (43) se beroepslewe. Maar om voor die kameras lewe te gee aan ’n karakter wat hy agter die skerms help skep het is vir hom ’n spesiale soort lekkerte. “Hy is maar ’n nors ou bliksem. Ek is ook partykeer ene!” 

Dan, op ’n ernstiger noot, sê die komediant: “Dit was heerlik. Ek is nie daaraan gewoond om vir so lank ’n ernstige karakter te speel nie. Dit was ongelooflik om te sien hoe my werk op ’n rekenaar-skerm ook op ’n TV-skerm gestalte kry. Dis ’n verrassende voorreg.”

Ook weg van die rekenaar en stel het Melt ’n gedaantewisseling ondergaan. Hy lyk merkbaar vietser, gesonder en bo­­wenal gelukkig. En hy skryf dit toe aan sy verloofde, Maryke Nel (36), met wie hy ’n woonstel in Drieankerbaai deel.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

8 Desember 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees