book-icon Uitgawe 29 September 2022

HG kuier by ‘Suidooster’ se Wade en sy meisie van die afgelope 3 jaar

akkreditasie
Die Suidooster-akteur Dean Smith en sy meisie van die afgelope drie jaar, Bianca Steyn, is steeds smoorverlief. Foto: ER Lombard
Die Suidooster-akteur Dean Smith en sy meisie van die afgelope drie jaar, Bianca Steyn, is steeds smoorverlief. Foto: ER Lombard

Dit was 13 minute voor agt. 

Hy kan nie net die datum onthou waarop sy voete onder hom uitgeslaan is nie – dit was 17 Januarie 2019 – maar ook die presiese tydstip, sê die akteur Dean Smith. 

“Is jy ernstig?” vra sy meisie, Bianca Steyn, nou.

“Ja!” antwoord hy dadelik.

Toe het hy al ’n paar keer vir haar boodskappe op Instagram gestuur – boodskappe waarop die mooi donkerkop nie gereageer het nie. “Ek het vir ’n tydjie met myself gepraat. 

Sy het nie gereageer nie en wou niks met my te doen gehad het nie,” onthou Dean (28) met ’n laggie.

Maar toe hulle mekaar eindelik daardie aand skuins voor agtuur by vriende se huis ontmoet, wou die gesels net nie opdroog nie – en het hulle net oë vir mekaar gehad.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

1 Desember 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees