Dis ’n lang stofpad wat ’n mens tot by die grys plaashuis met die netjiese voortuin neem. Diepblou wolke hang laag oor die klein oase hier in die Swartland, en met die belofte van reën in die lug kom die boer te voorskyn.
Boer Hennie de Villiers kom flink by die trappies af met ’n pet op sy kop en vellies aan sy voete.
“Ons kan maar drukkies gee; ons gaan mos lank gesels,” groet hy.