Die TV-aanbieder en haar man, Ian, se dogter Esther Beth is vanjaar in graad 1.
“Die tyd het baie vinnig gevlieg, maar ek het geen spyt nie, want ek het regtig tot dusver saam met die beste pappa ooit al my tyd met my kinders benut. Wanneer ek nie by die werk is nie dan is ek by hulle. Ek geniet my kinders verskriklik so ek het baie oomblikke saam met hulle en dis vir my lekker dat hulle groei,” sê Elana.
Esther was opgewonde en dit het goed verloop.