Maar Elon Musk (51) en sy eksmeisie, Grimes (35), het besluit om hul kind ’n naamsverandering te gee wat haar behoorlik gaan laat uitstaan. Nie net verander hulle die kind se naam nou ’n volle jaar nadat sy gebore is nie.
Grimes het op sosiale media geskryf sy en haar aan-en-af kêrel, Elon, gaan die bloedjie se naam verander na: ‘?’.
‘?’ is in Desember 2021 via surrogaat gebore en ’n foto wat haar ma Donderdag van haar op Twitter geplaas het, is die eerste foto van haar wat die ouerpaar met die buitewêreld deel.