Hollywood-aktrise Anne Heche kritiek en 'in 'n koma' nadat sy in huis vasjaag

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Anne Heche. Foto: Gallo Images/Getty Images.
Anne Heche. Foto: Gallo Images/Getty Images.

Die ongeluk het gebeur nadat die Amerikaanse aktrise (53) eers in ’n motorhuisdeur vasgery het by ’n woonstelkompleks in dieselfde straat. ’n Video wat deur ’n omstander geneem is, wys hoe daar vir die bestuurder van die blou Mini Cooper gevra word om uit die voertuig te klim, maar dan jaag sy weg.

Etlike minute later het Anne met ’n hoë spoed in ’n straat in 'n woongebied gejaag waar sy toe teen ’n dubbelverdiepinghuis gebots het. Die voertuig het binne-in die huis tot stilstand gekom en het aan die brand geslaan. 'n Groot gedeelte van die huis het afgebrand. 

Lynne Mishele, wat in die huis woon, was in ’n ander gedeelte van die huis toe die ongeluk gebeur het. Sy deel die huis met haar twee honde, Bree en Rueban, en ’n skilpad genaamd Marley. Almal is ongedeerd, maar Lynne het al haar besittings verloor.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

6 Oktober 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees
Huisgenoot Eisteddfod

Wys jou talent en kry meestersklasse by bekendes!

Huisgenoot Eisteddfod
Is jou kind talentvol en lief vir die kunste? Skryf nou in vir Huisgenoot se splinternuwe aanlyn nasionale kunsfees.
Skryf nou in