Selfs toe Dané onlangs haar swangerskap bekendgemaak het, was sy ewe geheimsinnig oor die man in haar lewe.
Maar nou, weke later, het sy die geheim eindelik verklap: Haar kêrel is die sanger Ivan Roux – en die twee kan nie meer wag om hulle seuntjie in Junie vanjaar in die wêreld te verwelkom nie.
“Die wag is verby en ons kan uiteindelik die wonderlike nuus deel dat ons ’n babaseuntjie verwag,” het Dané, wat verlede jaar een van die topdrievroue in die VIA-reeks was, nou onlangs by ’n foto van haar en Ivan op sosiale media geskryf.