Huisgenoot se laaste gesprek met Theuns Jordaan

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Theuns Jordaan
Theuns Jordaan

Theuns Jordaan het in 2020 gehoor hy het bloedkanker. Hoewel sy gesondheid by tye beter geword het, het hy eindelik Woensdagoggend sy stryd verloor.

Lees ons laaste diepteonderhoud met Theuns waar hy oor sy beginjare in die musiekwêreld, sy boerseunhart en sy liefde vir musiek gesels.

Die eerste keer dat musiekliefhebbers met sy rasperstem kennisgemaak het, is hy R100 en ’n pizza vir sy optrede betaal. En die gehoor het in ’n kroeg op Stellenbosch gepas waar Theuns Jordaan as Matiestudent sy beskeie debuut gemaak het.

Vandag, ’n kwarteeu sedert hy die eerste keer voor ’n gehoor opgetree het, is Theuns een van die grootste name in die Afrikaanse musiekbedryf wat gehore van derduisende bekoor, soos toe hy onlangs in elkeen van vanjaar se nege Afrikaans Is Groot-konserte voor 8 000 mense opgetree het.

Toe ons hom op ’n Vrydagmiddag enkele ure voor die sewende van dié optredes ontmoet, bieg die sanger ’n onderhoud is ná al die jare vir hom steeds veel meer intimiderend as om voor ’n gehoor te sing. “Ek is op my gemaklikste agter ’n mikrofoon en kitaar,” sê hy met daardie diep stem.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

19 Mei 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees