Ben het sedert 2014 die rol van Okkie Ferreira in die hospitaaldramareeks Binnelanders vertolk.
Die deurwinterde akteur het in die 1980’s sy eerste groot rol losgeslaan as mnr. de Wet, ’n onderwyser, in Franz Marx se SAUK TV1-reeks Skooldae.
In sy loopbaan van drie dekades het hy ook in verskeie ander reekse verskyn, waaronder Die Uwe Pottie Potgieter en die BBC-reeks Silent Witness.