Jacques (36) en sy vrou, Coralie, het Sondag hul eersteling, 'n gesonde seuntjie, in die wêreld verwelkom.
Die paartjie het vanuit die staanspoor besluit om 'n holistiese benadering met die geboorte te volg en dat Coralie op 'n natuurlike manier geboorte sou skenk.
Wat selfs meer indrukwekkend is, is dat die sanger-pa self sy seun in die wêreld gebring het.