Dit was ’n daad van rebellie, het party gesê. Maar sy het dit afgelag toe sy haar 43ste verjaardag in Januarie 2021 saam met haar gesin vier. Sy het gesê sy het bloot lus gehad vir ’n verandering.
Maar wie sou sou kon raai dat sy haar 44ste verjaardag onlangs stoksielalleen in ’n kliniek ver van haar gesin sou vier?
“Die herstel van haar deurlugtige hoogheid prinses Charlene vorder tans bevredigend en baie bemoedigend,” sê die paleis in ’n verklaring.
Maar dit lyk asof dit nog ’n ruk sal wees voor Charlene na haar ou lewe terugkeer.
“Haar genesing en opvolgtandsorg (ná ’n ernstige oor-, neus- en keelinfeksie) sal na verwagting nog verskeie weke neem. Daar word versoek dat haar privaat lewe en dié van haar kinders steeds gerespekteer word.”