Deel

Jacques Potgieter kan sy nuwe liefde nie wegsteek: ‘Jy’t my verlief gesoen, my Pottie’

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Instagram/@jacquespotgieter7
Foto: Instagram/@jacquespotgieter7

Hulle sê mos deesdae is jy eers amptelik in ’n verhouding sodra jy dit op sosiale media bevestig het. Wel, as jy soos Jacques nie net foto’s van soene plaas nie, maar nog emoji’s met hartjie-oë byvoeg, is die koeël ongetwyfeld deur die kerk. In ’n onlangse foto op Instagram lyk Jacques en Lizane Wagner smoorverlief. 

“As jy weer 18 voel. My Lalla, jy laat my weer soos ’n skoollaaitie voel,” skryf Jacques by dié foto. Hoewel dié tweetjies al vantevore saam vir foto’s geposeer het, saamgekuier het by Hennie’s in Pretoria, en saam met sy kinders vir ’n wegbreek die Bosveld besoek het, wou Jacques ’n paar weke gelede nog nie teenoor Huisgenoot bevestig dat hulle gekys is nie. Maar nou kan g’n mens meer ontken daar is iets aan die broei nie.

Lizane, wat volgens haar profiel op sosiale media die eienaar van Spoilt Nail Studio in Pretoria is, het dieselfde foto op haar Instagram-blad gedeel en niks teruggehou nie.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Jongste uitgawe

30 Maart 2023

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees