book-icon Uitgawe 4 November 2021

Jawaahier Petersen nie meer nét Taliep se dogter, maar aktrise in eie reg

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Jawaahier Petersen het vir haarself ’n pad in die vermaakbedryf uitgekerf. Sy speel die afgelope twee jaar Kaashifa Mansour in Suidooster en is een van die sepie 
se geliefdste akteurs. Foto's: ER Lombard en verskaf
Jawaahier Petersen het vir haarself ’n pad in die vermaakbedryf uitgekerf. Sy speel die afgelope twee jaar Kaashifa Mansour in Suidooster en is een van die sepie se geliefdste akteurs. Foto's: ER Lombard en verskaf

Met ’n musieklegende-pa en ’n sangeres-ma was sy waarskynlik al van kleintyd vir die vermaakbedryf bestem– die talent het sommer diep in haar gene gesit. Tog was haar eie paadjie na roem ’n opdraande een voor sy eindelik as aktrise kon naam maak.

Eers in die afgelope paar maande begin kykers van die kykNET-sepie Suidooster haar op straat herken en voorkeer en praat mense van haar as Jawaahier Petersen pleks van net “Taliep se dogter”.

“Dit is vir my ’n vreemde ding, maar terselfdertyd laat dit my voel: Now I’ve stepped into my own,” sê die aktrise wat die rol van Kaashifa Mansour vertolk.

“Ek dink soms dit is ook makliker vir mense om te sê Taliep se dogter, want Jawaahier is ’n moeilike naam om uit te spreek,” voeg sy by en lag en verduidelik sy spreek haar naam uit as “Dja-waa-hier”.

Die afgelope twee jaar kuier sy weekaande in ons sitkamer as die sjef en mederestauranteienaar Kaashifa, maar om ’n rol in Suidooster los te slaan was nie vir haar maklik nie – Taliep se dogter ofte nie. Sy het vier keer oudisies vir ander rolle in dié sepie afgelê en is elke keer teleurgesteld huis toe. 

Toe haar agent haar in 2019 bel en van ’n oudisie vir die karakter Kaashifa vertel, het Jawaahier nie vir nog ’n “nee” kans gesien nie. Tog het sy weer probeer en toe die rol gekry wat van haar ’n bekende gesig uit eie reg op die kassie gemaak het.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

3 Februarie 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees