Die gewilde Afrikaanse sanger en musikant, sy vrou, Mia, en hul vier seuns, Aidan (10), Samuel (8), Luka (5) en Jamie (3), gaan vanjaar Kersfees op Jay se gunstelingkusdorpie, Mosselbaai, deurbring.
Jay sê met vier jong seuns moet ’n mens maar soms kreatief wees. Sy kroos was saam met hom in die werklikheidsreeks Jay en die boys op VIA te sien.
"Ons speel soveel moontlik speletjies buite of as die weer dit nie toelaat nie, binne, maar dit vat baie om my vier rakkers besig te hou; ons moet dus heeltyd met nuwe planne vorendag kom."