Jeffrey Epstein se vlieënier het prins Andrew op seksoortreder se straler gesien

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Koningin Elizabeth se seun prins Andrew is betrek by die sekshandelsaak van Ghislaine Maxwell, wat vandeesweek in New York begin het.
Die hertog van York se naam is genoem in die hofsa
Die hertog van York se naam is genoem in die hofsaak teen Jeffrey Epstein se voormalige madame, Ghislaine Maxwell. Foto: Gallo Images/Getty Images

Die eksmeisie van die oorlede Amerikaanse seksoortreder Jeffrey Epstein word verhoor vir die werwing van minderjarige meisies vir die miljardêr en sy hoëprofiel vriende tussen 1994 en 2004.

Onder die eerste getuies was Larry Visoki, die voormalige vlieënier van Epstein se privaat straler, wat die Lolita Express gedoop is. 

Hy het aan die hof vertel hy het ’n spul van Epstein se gaste rondgevieg, waaronder die hertog van York, Bill Clinton, Donald Trump en die gevalle akteur Kevin Spacey. 

‘n Betoger hou ‘n plakkaat van Epstein se berugte
‘n Betoger hou ‘n plakkaat van Epstein se berugte privaat staler, wat die Lolita Express genoem is, buite die hof in New York vas. Foto: Gallo Images/Getty Images

Daar is aanvanklik geglo Ghislaine, die dogter van die wyle Britse mediamagnaat Robert Maxwell, sou haar hooggeplaaste vriende probeer beskerm, maar dit was haar eie prokureur wat die prins se naam opgehaal het. “Ken jy vir prins Andrew, die hertog van York? Hy is die seun van koningin Elizabeth II van Engeland,” het Christian Everdell aan Larry gevra, waarop dié “ja” geantwoord het. “Het hy op Epstein se vliegtuie gevlieg?”

Isabel Maxwell, Ghislaine se suster, met haar aank
Isabel Maxwell, Ghislaine se suster, met haar aankoms by die hof. Foto: Gallo Images/Getty Images

Larry het “ja” geantwoord, maar kon nie besonderhede gee oor wanneer presies dit gebeur het nie. Die vlieënier, wat tussen 1991 en 2019 vir Epstein gewerk het, het ook gesê hy het nooit enige seksuele aktwititeit aanboord die drie straers wat hy gevlieg het gesien nie, maar bygevoeg hy het meestal in die stuurkajuit gebly.

 Hy het ook gesê hy kan nie enige van die meisies se name onthou wat met Epstein verbind word nie, maar het onthou dat hy een van die beskuldigers ontmoet het, wat gesê het sy was 14 toe Epstein en Ghislaine haar vir seks gewerf het. 

Larry het ook gesê hy het onthou sy was ’n “volwasse vrou met deurdringende poeierblou oë”.

Prins Andrew (tweede van links) saam met Epstein,
Prins Andrew (tweede van links) saam met Epstein, Melania Trump (heel links) en die geldbestuurder Gwendolyn Beck by ’n partytjie in Palm Beach, Florida, in 2000. Foto: Gallo Images/Getty Images

Vier vroue, slegs bekend as Annie, Kate, Jane en Carolyn, gaan getuig. Die skokbewering kom nadat ’n glimlaggende Andrew Dinsdag tydens ’n perderit by Windsor afgeneem is. 

Hy is nie deel van die strafsaak nie, maar staar ’n siviele hofgeding in die gesig wat Virginia Giuffre, een van Epstein se mees uitgesproke voormalige slagoffers, teen hom aanhangig gemaak het.

‘n Glimlaggende prins Andrew (middel) tydens ‘n pe
‘n Glimlaggende prins Andrew (middel) tydens ‘n perderit by Windsor vroeër vandeesweek. Foto: Magazinefeatures.co.za

Sy beskuldig Andrew daarvan dat hy met haar seks gehad het toe sy minderjarig was. 

Bronne: Yahoo.com, Dailymail.co.uk

Teken in op ons nuusbriewe

Kry die dag se sterkste stories, die week se lekkerste resepte, die maandelikse nuus oor modes, boeke, skoolsake en hartsake. Teken nou in!

Jongste uitgawe

20 Januarie 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees