Só beskryf Julia Roberts (54) haar soentoneel met George Clooney (61) in hul nuwe fliek, Ticket to Paradise.
Volgens Fox News het George en Julia se soentoneel ses maande gevat om te skiet.
“Ja, ek het vir my vrou gesê ons moes omtrent 80 keer probeer,” het George aan die New York Times gesê.
En Amal Alamuddin Clooney (44) was redelik verbaas dat dié tweetjies so gesukkel het.
“Amal het vir my gevra: Wat de duiwel?” sê George.
“Die eerste 79 keer het gefaal omdat ons die hele tyd gelag het,” vertel Julia. “En toe het ons die knoop die 80ste keer deurgehak.”
Julia meen dit was veral ongemaklik toe sy vrou en vyfjarige tweeling, Alexander en Ella, voor die soentoneel op die stel opdaag.
“Dit was die eerste dag wat hulle op die stel kom kuier het,” sê Julia.
“We’re just best pals.” Julia Roberts talks about her relationship with George Clooney on CBS Sunday Morning. #TicketToParadise pic.twitter.com/sTlcDN2v6P
— Ticket to Paradise (@ticket2paradise) October 10, 2022
Sy sê die tweeling het vir “Pappa en tannie Juju” op die stel gesien.
“Dit was half soos: Kry hulle hier uit,” sê Julia.
Gelukkig het Alexander en Ella nié gesien hoe hul pa een van sy beste vriende soen nie, sê George en Julia.
You know an interview is going well when Julia Roberts slaps George Clooney pic.twitter.com/w5TeuiF9Bk
— Ali Plumb (@AliPlumb) September 21, 2022
Dit is vir haar so ’n bietjie belaglik om George te probeer soen, want dis soos om “jou beste vriend te soen”, verklap Julia.
Maar hiermee was George nie tevrede nie.
“Dankie daarvoor. Jy weet natuurlik ek is twee keer as die sexyste man in die wêreld aangewys?”
George en Julia het Ticket to Paradise tydens die pandemie in Australië verfilm, en hulle was gereeld saam “vasgekeer”.
Amal, Alexander en Elle was saam met George en Julia in Australië, met Julia wat in die huis langsaan die Clooneys gewoon het.
"Like kissing your best friend": Longtime pals Julia Roberts and George Clooney discuss what it was like to star in a rom-com together ahead of the release of their new movie, "Ticket to Paradise." pic.twitter.com/HTHwzjg6ie
— CNN (@CNN) October 11, 2022
“Julia het elke liewe oggend oorgekom, en dan moes ons vir haar kos bring en haar rondry. Teen ’n sekere punt begin jy voel jy wil sê: ‘Julia, los my uit,’ ” het George einde September laggend in ’n onderhoud met Stephen Colbert gesê.
Hoewel George grappies maak oor sy vriendskap met Julia, het hulle mekaar elke oggend vanuit hul onderskeie huise geroep.
“Ek het in die oggende uitgegaan en vroegoggend ‘Caa-caa’ geroep, dan het Julia uit haar huis gekom en ook vir my ‘Caa-caa’ geroep. En dan het ons vir haar ’n koppie koffie geneem. Sy was tannie Juju vir my kinders.”
Julia het vroeg in September gesê die Clooneys het haar tydens die verfilming in November 2021 tot Februarie 2022 van algehele eensaamheid gered.
“Ons was saam in ’n borrel. Dit was die langste wat ek van my familie af weg was.”
Julia Roberts: It is like kissing your best friend.
— TODAY (@TODAYshow) October 10, 2022
George Clooney: Well thanks for that.
Roberts: And then...
Clooney: You know I was a two-times sexiest man alive?
Roberts ...And then, you go, ‘Wait, my best friend is George Clooney.’ pic.twitter.com/WJU0jLV89k
Julia se man, Danny Moder, en haar drie kinders, die 17-jarige tweeling, Hazel en Phinnaeus, en Henry (15), het hulle wel later by haar in Australië aangesluit, maar hulle moes eers vir twee weke in isolasie bly.
Ticket to Paradise gaan oor twee geskeides wat uitvind hul dogter wil trou, waarna hulle na Bali gaan om haar te probeer keer.
Bronne: Today Show, Fox News, Entertainment Weekly, Popsugar