Sy stem is al jare lank sinoniem met die radiogolwe, maar nou het ’n kankerskok die omroeper Theo Conradie tot stilte gedwing.
Theo (70) word in die Life Groenkloof-hospitaal in Pretoria behandel nadat longkanker in November verlede jaar by hom gediagnoseer is, sê sy vrou, Unita.
Theo is bekend vir sy middagprogram op Bosveld Stereo en het destyds bekendheid verwerf as omroeper by Radio Jacaranda, deesdae Jacaranda FM.