Enkele dae nadat hy saam met die beeldskone Puerto Ricaanse sanger en rapper Audri Nix op ’n balkon in Miami gewaar is, het die 44-jarige rapper, wat nou net as Ye bekendstaan, die aktrise Julia Fox (31) met ’n spesiale aandjie uit in New York bederf.
Die twee was van kop tot tone in swart geklee en het ’n Broadway-vertoning gekyk voor hulle ’n intieme afspraak by die Carbone-restaurant gehad het – glo een van sy beroemde eks se gunsteling-uithangplekke in die stad.
“Kanye is die afgelope tyd in ’n goeie bui en het pret,” het ’n bron aan ET gesê.