book-icon Uitgawe 14 Maart 2019

Karlien skryf self oor trane en terugslae ná Elah se geboorte

akkreditasie
’n Lewensgevaar­like mediese toestand het Elah, wat nog 
nie eens 18 maande is nie, al moeilike tye laat leer ken. Tog hoop Karlien van Jaarsveld en haar man, Joe Breytenbach, op ’n wonderwerk. Foto; Verskaf
’n Lewensgevaar­like mediese toestand het Elah, wat nog nie eens 18 maande is nie, al moeilike tye laat leer ken. Tog hoop Karlien van Jaarsveld en haar man, Joe Breytenbach, op ’n wonderwerk. Foto; Verskaf

Sy is die mooiste dingetjie – ’n meisietjie met ’n lagmondjie, blink ogies en krullebol. Haar pa se enigste; haar ma se hart. 

Maar al is klein Elah Breytenbach nog nie ’n jaar en ’n half oud nie, moes sy al groot seer beleef. 

Vir haar ouers, die sangeres Karlien van Jaarsveld en die sakeman Joe Breytenbach, was daar al byna soveel vrees en verdriet as vreugde. 

Eers is Elah in Oktober 2017 ses weke te vroeg gebore, en toe sy sewe maande oud was, kom die skok: Sy het ’n lewensgevaarlike mediese toestand – ’n bloedklont in die poortaar wat bloed voorsien aan haar lewer, milt, maag en pankreas. 

In Desember het Elah oorleef nadat die are in haar slukderm en maag begin bloei het, en op 16 Februarie vanjaar is sy uit die hospitaal ontslaan ná ’n vergeefse poging om die vernoude aar met ’n aar van elders in haar lyfie te vervang. 

In die hospitaal moes Karlien en Joe die hartverskeurende nuus by die chirurg hoor: “Sy is oukei, maar ek kon niks vir haar doen nie.” 

Die egpaar oorweeg dit nou om by oorsese spesialiste aan te klop en bly glo Elah sal gesond word. 

Hier vertel Karlien van die moeilike pad wat sy en Joe en klein Elah stap en hoe sy vertroosting vind selfs wanneer die toekoms onseker lyk. 

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

27 Januarie 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees