Sy was die heroïenslaaf wat dit tog kon regkry om sjiek te lyk met haar hol wange, heupbene wat uitstaan en oë met rokerige kohlgrimering.
As opperste partytjiemeisie het sy uit taxi’s geval, voor stoutseuns geswig, saam met ’n twyfelagtige groep uitgehang en enige tyd dwelms, drank en sigarette bo ’n gesonde maaltyd verkies.
Maar enigeen kan ’n nuwe blaadjie omslaan as hulle regtig wil – selfs Kate Moss (44).